LOOF DIE HERE, O MY SIEL EN ALLES WAT BINNE-IN MY IS SY HEILIGE NAAM


Welkom by PPK NEWLANDS
 

Newlands gemeente word in 1958 begin in 106 Albert Straat aan huis van broer en suster Davel onder lyding van Past Jannie Cornelius, ander stigterslede sluit in Past. Hannes Labuschagne, broer Dirkie Hanekom, broer Willie Davel. Die gemeente bestaan al vanaf 1958 en het die volgende pastore gehad. Pastore Gates, Foulds, Basie Coetzer, Kleynhans, Tattersal, Lindie, van der Westhuizen, Eastes en Olivier het voorheen die gemeente bedien. Tans is past Morné de Beer die presiderende pastoor van die gemeente.
 

Die Pinkster Protestante Kerk, Newlands is in Johannesburg geleë. Die bedienings area sluit in Newlands, Claremont, Westdene, Triomf, Greymont, Bergbron en Northcliff.